CrimeNews

TZANEEN: Vrou in huis aangehou en beroof

'n Vrou van Tzaneen is Saterdagaand om omstreeks 19:00 in haar huis met 'n mes aangehou en beroof.

Volgens Marius Jacobs, van Northern Sekuriteit, was die slagoffer besig om klere van die wasgoed draad af te haal.

Toe sy by haar huis instap het die verdagte haar gevolg en haar binne aangehou met ‘n mes.

Hy het aangedring op selfone en het daarin geslaag om met een selfoon en ‘n handsak te vlug.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Twee plaaslike sekuriteitsmaatskappye was binne minute op die toneel.

Die Herald kon nog nie daarin slaag om kommentaar by Sersant Glenda Maimela, woordvoerder van Tzaneen SAPD, te kry nie.

Hou gerus die Herald se Facebook bladsy dop vir meer inligting soos dit vrygestel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button