Local newsNews

Lemoenfees vind Saterdag plaas

Letsitele se Lemoenfees vind weer Saterdag plaas en besoekers kan hulle regmaak vir 'n heerlike geleentheid.

Soos gewoonlik sal die fees op Dr Annecke se gronde gehou word en die dag sal reeds om 08:00 afskop.

Inwoners word genooi om die jongspan langs die mini-hokkie bane te gaan ondersteun of om die lang-asem landlopertjies in te wag by die wenstreep, met ‘n yskoue “slushpuppy” te koop by die snoepie. Tzaneen Sporthuis bied sporttoerusting te koop aan op die dag en sorg vir aksiefoto’s sodat besoekers kan ontspan en die uitstallings geniet.

Winskoopwinkel, houtsnee-artikels, motorvoertuig uitstallings, juwele, klere, opvoedkundige speelgoed en nog vele meer. Besoekers gaan beslis ook nie die dag honger ly nie, met smullekker kos soos hamburgers, chipstix, vetkoek, yankees, pannekoek en mini-dougnuts wat by die stalletjies beskikbaar sal wees.

Blikkie-rol, springkastele en ‘n groot glybaan gaan die kinders lekker besig hou terwyl jy kraakvars plaasgroente en vrugte, biltong, tuisgebak en die mooiste saailinge en plante kan koop om huis toe te neem.

Uitstallers welkom om hulle te skakel by 082 80 80 802.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button