Vossies die beste netbal skool agt jaar in ‘n ry
Met die laaste ouderdoms-groep se kampioenskap afgehandel het die Hoërskool Ben Vorster weer eens die trofee vir Beste Netbal Skool in Limpopo verower.
Dit is die agste agtereenvolgende jaar wat die Vossies hierdie trofee ontvang.
Pietersburg Hoërskool het in die tweedeplek geeïndig en Hoërskool Frikkie Meyer was derde.
Die O/15’s was die laaste ouderdoms-groep om hulle Limpopo kampioenskap te speel.
Die wedstryde is 13 Augustus by die Hoërskool Ben Vorster gespeel.
Die Vossies se O/15-span het korte mette van hulle teenstanders gemaak en het as die O/15-Limpopo kampioene uit die stryd getree.Hulle eerste wedstryd was teen Hoërskool Nylstroom.
Die Vossies wen hierdie wedstryd 25 – 5.
Daarna het hulle korte mette van Hoërskool Frikkie Meyer gemaak nadat dié vir Hoërskool Waterberg gewen het.
Die Vossies wen Frikkie Meyer 24-7.
In die semi-finaal het Hoërskool Ben Vorster met Hoërskool Merensky klaar gespeel deur hulle 20-8 te vermorsel.
In die finaal het Pietersburg Hoërskool hard probeer om die span van die Hoërskool Ben Vorster te stuit, maar kon net nie die knoop deur haak nie en die Vossies wen 19-5.
Die Vossies se O/15-span gaan 5-8 Oktober aan die Nasionale kampioenskap by die UJ se Soweto kampus deelneem.



