NewsSchools

Merensky slimkoppe spel skerp

Hoërskool Merensky het op Augustus 18 by Mitchell House in Polokwane deelgeneem aan die provinsiale uitdunne van die ATKV se spelathonkompetisie.

Leerlinge van graad 9 Afrikaans Huistaal, graad 10 Afrikaans Eerste Addisionele taal en graad 10 Afrikaans Huistaal het daar deelgeneem.

Die Plasies het weer gewys hulle kan spel met skoonskip uitslae in graad 9.

Janko Blignaut neem eersteplek en Anize Basson tweedeplek in die Afrikaans Huistaal-afdeling.

Die graad 10 Afrikaans Huistaal-leerlinge herhaal die prestasie met Anri McLean in die eersteplek en Letilda Pohl in die tweedeplek.

Jordin Young het ‘n derdeplek behaal in die graad 10 Afrikaans Eerste Addisionele taal-afdeling.

Die eersteplekke sal Limpopo verteenwoordig by die ATKV landswye finaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button