Local newsNews

Video: Vliegtuig ‘ongeluk’ naby Wheelbarow vals alarm

Die 'vliegtuig' ongeluk naby die Wheelbarow was 'n vals alrm.

Nooddiens werkers was binne minute op die toneel nadat ‘n oproep ontvang is dat ‘n vliegtuig in die piesangboorde daar neergestort het.

Na wat verneem word was die oproep gemaak deur ‘n vrou van Polokwane.

‘Sy het seker die mis sproei gesien waarmee die vliegtuig die boorde spuit, en gedink dis rook,’ het een van die noodpersoneel lede op die ‘ongeluks toneel’ laat val.

Nooddienspersoneel op die toneel.
Nooddienspersoneel op die toneel.

Die nooddiens personeel van Tzaneen verdien meer as een veer in die hoed.

Met Letaba Herald se aankoms, was die vloot van nooddiens werkers daar. Noem maar op, brandweer, ambulansdienste,  insleepdienste, SAPS,  sowel as verkeerspersoneel.

IMG_3941 (Medium)

Tzaneen se inwoners kan beslis gerus wees dat ons nooddienste hulle uitstekend van hulle taak sal kwyt indien ‘n noodsituasie onstaan!

Video: Letaba Herald berig van die ‘ongelukstoneel’ af

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button