Local newsNews

OPVOLG: Bekende boer sterf in heli-ongeluk

'n Bekende boer van die Tzaneen omgewing is laat gistermiddag oorlede na 'n helikopter ongeluk in die Mooketsi omgewing.

Die gemeenskap is geskok na die nuus dat die geliefde boer Bennie Osmers gesterf het in ‘n helikopter ongeluk.

‘n Mede vlieënier, Gerhardus Korb is ernstig beseer.

Die ongeluk het om omstreeks 17:00 op die plaas Platland in die omgewing van Brandboontjies op Mooketsi gebeur. Die helikopter het tydens impak aan die brand geslaan.

Luidens Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba was dit ‘n ‘Jetranger’ helikopter.

Die helikopter se motor het glo gefaal kort na opstyging.

Bennie Osmers.
Bennie Osmers.

Bennie en Gerdus het glo wild getel en daarna opgestyg om terug te keer na Gravelotte.

Die helikopter het in die Brandboontjiesrivier neergestort.

Gerhardus, beter bekend onder sy vriende as Gerdus kon uit die wrak kruip en het glo erge been breke opgedoen, volgens Vorster.

Osmers is in die ongeluk oorlede.

Gerdus is tans glo in Mediclinic Tzaneen se intensiewe eenheid.

‘Die gemeenskap is geskok met die nuus. Hy was ‘n legende in die maak op sy gebied, wat so vroeg weggeneem is,’ volgens Vorster.

Sheila Grobbelaar het die volgende huldeblyk geskryf:

‘A very young, respected young man has left our world on angle wings to meet his maker. He leaves behind a young wife, a teeny toddler, a 10 day old baby, a devastated mother and father, a brother, a sister , a grandmother and grandfather, and so many very close family and friends and the rest of us who watched and  admired from afar all he did and meant to society. It is so true that the Lord picks the best flowers for his garden. Rus sag Benjamin, your place will remain empty. Our heartfelt condolences and prayers go out to his loved ones in this time. Judy, Zander, Susan, Jomari, Charl, his teeny babies, Grandma Driesie and Granpa, Ben,  the rest of his family, we are devastated.’

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button