CrimeNews

TZANEEN: Gewapende roof by Sunbake

'n Gewapende roof het hom glo afgespeel by Subake.

Die roof is aan Letaba Herald deur Marius Jacobs van Northern Sekuriteit bevestig.

Inligting rondom die roof is nog vaag.

Op die Facebook-groep, Tzaneen/Duiwelskoof Snuffelgids is skote gehoor tot in die omgewing van Pompagalana.

En van die inskrywings lees: “Dit was by Sunbake. Het daar gestop oppad van die werk af. Het eers gedink dit is ‘n ongeluk toe klim Northern Sekuriteit uit met wapens.’

Die inskrywing lees verder dat die persoon so gou moontlik van die toneel probeer wegkom het.

Die verdagtes het glo die veld daar naby ingevlug, volgens die blad se kommentaar en oog getuies.

Meer inligting sal gepubliseer word soos dit bekend raak.

Die gewapende roof kom nadat daar ook vanoggend in dieselfde omgewing in Sapekoelaan ‘n gewapende roof plaasgevind het.

Lees:

TZANEEN: Drie van agt rowers vasgetrek na rooftog

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button