CrimeNews

OPVOLG: Vinnige optrede kniehalter bakkery rowers

Die vinnige optrede van 'n werknemer het Donderdagaand verhoed dat gewapende rowers die kontant-kantoor van Sunbake leeg gemaak het.

Hy het onraad vermoed toe hy gesien het hoe verdagte persone die hoofhek saam met ‘n trok binnegaan en sy bestuurder, asook hulle betrokke sekuriteitsmaatskappy in kennis gestel.

Ses tot sewe rowers het tussen 20:00 en 21:00 Sunbake, op die hoek van Sapekoelaan en Rietbokstraat beroof nadat die wag en werkers aangehou is.

Die rowers het een van die werknemers gedwing om die kontant-kantoor oop te maak.

‘n Trommel, met ‘n aansienlike bedrag geld daarin, is geroof.

Intussen het die SAPD en drie sekuriteitsmaatskappye opgedaag en ‘n hewige skietgeveg tussen hulle en die rowers het gevolg.

“Dit was rof, dit was ‘n groot storie”, volgens Marius Jacobs van Northern Sekuriteit.

Niemand is gedurende die voorval beseer nie.

Hy het ook gesê dat die rowers te voet deur Pompagalana en Florapark gevlug het.

Almal is steeds op vrye voet.

Hulle is egter leë hande weg aangesien die trommel met geld later langs die heining by Sunbake gevind is.

Lees ook: 

TZANEEN: Gewapende roof by Sunbake

TZANEEN: Drie van agt rowers vasgetrek na rooftog

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button