NewsSchools

Merensky pronk by Eisteddfod Gala-aand

Tydens die afgelope Tzaneen Eisteddfod gala aand het Plasie deelnemers omtrent gepronk.

Behalwe tientalle sertifikate het ‘n groot groep deelnemers ook medaljes, prestasie beurse en wisseltrofees ontvang in die verskeie afdelings.

In die kunsafdeling het Jeandré Joubert gewys hy is ‘n jong ‘Picasso’ om dop te hou toe hy twee toekennings ontvang het.

Behalwe die hoogste persentasie in graad 9, is hy ook aangewys as die beste senior kunstenaar.

Jani van Zyl spog ook met ‘n beste prestasie in graad 10 en Laryn Prins in graad 12.

By die dans afdeling was dit hoofsaaklik twee manne wat besonder goed presteer het.

Liam O’Brien verwerf die hoogste persentasie in graad 8 en wen ook twee medaljes en beurse vir sy beste solo en duo-akrobatiese werk.

Bekende Plasie-vuurdanser, John Slabber, behaal ‘n hoogste persentasie in graad 11 en wen ook ‘n medalje- en prestasie beurs vir wenner in die ope-afdeling.

Jenna Devenish en Amelia Middleton deel die toekenning vir meesveelsydige deelnemers in graad 11.

In die musiek afdeling het Suandrie Corbett goed gevaar met aanwysing as beste windinstrumentalis, sy verwerf nog ‘n medalje vir die meesveelsydige graad 8 kandidaat, sowel as ‘n prestasie sertifikaat vir hoogste persentasie in haar graad.

Alicia Prinsloo het die hoogste persentasie in graad 12 vir haar fluit duet.

Bernice Cronjé word aangewys as die mees veelsydige vokale deelnemer in graad 12 en wen nog ‘n medalje- en prestasiebeurs as beste solis.

In beide die Engelse- en Afrikaanse Drama-afdelings maak die Plasie-akteurs skoonskip.

Dirk Crafford (Engels) en Amelda Pretorius (Afrikaans) is die meesveelsydige graad 8 deelnemers, terwyl Tenia Albertyn die hoogste persentasie in graad 8 behaal.

Lisa Maguire verwerf ‘n medalje vir haar beste prosa item in graad 9, terwyl Juanet Venter en Megan-Mae van der Nest dieselfde behaal vir hul duoprosa-item.

Kesia Pohl is die mees veelsydige graad 9 deelnemer in Afrikaans en verwerf ook medaljes vir haar impromptu items in lees- en storievertel.

Ruette Schoeman, ook in graad 9, stap weg met die trofee vir die mees veelsydige deelnemer in individuele optredes by die Engelse- en Afrikaanse afdelings.

Sy kry ook medaljes met haar spanmaat, Lianca Pieterse, vir hul samespraak, impromptu mimiek en advertensies.

Beide die graad 9 en graad 10 groepe verwerf medaljes en prestasie beurse vir hul groep items.

Die toekenning vir die hoogste persentasie in graad 10 by die Afrikaanse afdeling, gaan aan Donné Oosthuizen.

Imcke van Vuuren word aangewys as die mees veelsydige deelnemer in graad 10 Afrikaans.

Britney Chu verdien‘n sertifikaat vir die hoogste persentasie in graad 11 en ‘n beurs en medalje vir die mees veelsydige graad 11- deelnemer.

Sy presteer ook met haar impromptu mimiek en groepgedig saam met Chris Bill.

Lg verwerf ook twee verdere medaljes vir hoogste persentasie behaal in graad 11 vir Afrikaans en Engelse items.

Lera Avdyshen en Riette Warmenhoven ontvang ‘n sertifikaat vir hul samespraak, terwyl Lera ook erkenning ontvang vir haar veelsydigheid.

By die graad 12’s verwerf Bernice Cronjé medaljes vir die mees veelsydige deelnemer in Afrikaans en Engels, asook die hoogste punte vir prosa.

Sy kry ook ‘n sertifikaat vir haar hoogste persentasie in Afrikaans, graad 12.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button