NewsSchools

Vossies wys staal

Die Hoërskool Ben Vorster se eerste netbalspan en drie afrigters het op 21 en 22 Oktober aan die Triumph toernooi by Cornwall Hill College te Pretoria deel geneem.

Ben Vorster was een van 15 skole wat deel geneem het.

Die toernooi is deur top afrigters van Suid Afrika genaamd: Dorette Badenhorst, SA O/21 afrigter, Elsje Jordaan, Fast 5 Protea afrigter en Elize Kotze, voormalige senior Protea afrigter, aangebied.

Die afrigters en spelers het Vrydag verskillende sessies vanaf 7:00 tot 19:30 bygewoon.

Daar is gekonsentreer op die spelers se fiksheidstoetse, vaardigheid in die doelsirkel en verdediging.

Saterdag het die toernooi om 07:15 afgeskop en die Vossies het met hulle jong groep sommer vroeg-vroeg gewys dat hulle vir ‘n verrassing of twee gaan sorg.

Die uitslae was soos volg: Wen Cornwall Hill College 38-7, wen Noordheuwel 19-17, verloor teen Dinamika 23-25, wen Riebeeckrand 35-18

Hulle het in die kwartfinaal teen Pretoria Noord gespeel en wen 25-18.

Hulle het in die semifinaal teen Dinamika gespeel en wen 32-28

Hulle het in die finaal teen Rustenburg met ‘n titaniese stryd 32-28 verloor.

Na afloop van die toernooi is ‘n All Star span van 15 spelers gekies. Ndavi Nokeri en Kagiso Mapiti is verkies tot die span. Ndavi Nokeri is ook aangewys as die speler van die toernooi.

Die Vossies sluit hiermee hulle 2016-seisoen af, wat vol hoogtepunte was!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button