
Met hierdie bekroonde afrigter en ervare rugbyspeler aan die stuur, kan die Vossies se rugby net van krag tot krag gaan.
Peter het vir die Springbok Sewes se ontwikkeling span gespeel in 2010 en was die onder kaptein van die Samurai internasionale span van 2012 – 2013.
Hy het ook twee jaar vir die Luiperds se 7’s-span gespeel en het deurgaans as kaptein op die veld gedraf.
In 2013 het Peter vir die Lions 7’s span gespeel.
Peter het in 2005 aan die Hoërskool Eric Louw gematrikuleer, waarna hy Sport- en besigheidsbestuur aan die PUK en ‘n nagraadse diploma by Unisa in onderwys bekom het.
Hy het dan ook vir die PUK se eerste rugbyspan gespeel.
Na universiteit het Peter sy tande gesny as onderwyser by die Hoërskool Linden waar hy rugby, atletiek en krieket afgerig het.
In 2013 het hy hom aangesluit by die Hoërskool Monument waar hy tot ophede die eerste rugbyspan afgerig het.
In 2016 was sy span vierde gelys op die SA-ranglys en sy 7’s span was die Beeldtrofeë wenners vir 2015 en die die Nasionale Plaatwenners.
Peter was ook die hoofafrigter van die Goue Leeus se skole 7’s span vanaf 2013.
In 2015 eindig hierdie span derde in die nasionale kampioenskap.
Dit was die beste prestasie vir die Goue Leeus tot op daardie stadium.
In 2016 vat hulle die kroon as nasionale kampioene.
Die Vossies sien uit na ‘n opwindende 2017-rugbyseisoen en ‘n blink rugby toekoms.



