MunicipalNews

TZANEEN: Inwoners met min of geen water gelaat

"Beurtwater" dis al!

Letaba Herald moes vandag bonstaan om ontstoke inwoners en besighede  antwoorde te probeer gee wat nie eers die Munisipaliteit kan verskaf nie.

‘Beurtwater.’

Dit is die enigste kommentaar wat die Herald ontvang het nadat Neville Ndlala, media woordvoerder van die GTM gevra is waarom die meeste inwoners en veral die dorp vanoggend met min of geen water gelaat is nie.

‘Ons mediese praktyk kan bloot nie sonder water nie. Vra vir hulle (GTM) of hulle ons almal gaan krediet gee op ons rekeninge vir die aantal ure wat ons sonder water sit, dit is belaglik,’ was een van die aanmerkings.

Ndlala het verlede Dinsdagmiddag met ons ter perse gaan wel gesê:

“Onthou ons reservoirs is nie vol nie weens die probleem. Maar sodra dit opgelos is sal die waterdruk verbeter.’

Die ‘probleem’ het glo ontstaan na ‘n kragonderbreking in die Georges Valley omgewing weens die storm die vorige nag en die reservoir by Ben Vorster nie gevul kon word met water nie.

Die pyplyn wat water voer na die reservoir is ook glo beskadig weens konstruksie werk.

Daar was voorsien dat die water probleem teen 17:00 Vrydag opgelos sou wees, aldus Ndlala.

Dit blyk nie die geval te wees nie.

Dit wil voorkom asof die meeste huishoudings tans water het.

In sekere omgewings verneem ons die waterdruk is steeds egter laag.

Wees spaarsamig.

Letaba Herald hou die gemeenkap op hoogte van die ‘probleem.’

 

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button