Local newsNews

Wilde woeste wind en weer in KNP

'Die wind waai ons weg in die wildtuin maar dit het ook baie lekker gereën.'

So het ‘n toeris vanoggend in die Kruger Nasionale Park (KNP)  aan Letaba Herald vertel.

‘Die wind waai baie erg van laasnag af, en hy waai nou nog.  Dit is regtig ‘n koue sterk Kaapse wind, en dit is koud,’ het sy vertel.

Heerlike reën het ook glo uitgesak oor die laaste week in die wildtuin.

‘Ons het so 80mm gemeet hier in Letaba, ons is so dankbaar. Alles is mooi en groen en ruig.’

Volgens haar het die reën nou opgehou, Dit is steeds bewolk, maar die wind waai glo sterk.

So waai die wind en is dit lekker bewolk en koud in die wildtuin.
So waai die wind en is dit lekker bewolk en koud in die wildtuin.

Dit blyk dat die vreemde weerverskynsel almal aan die praat het in Suid Afrika.

Die gewilde Facebook groep, met bykans 90 000 lede,  Reënval Suid Afrika, het al die lede aan die gons.

Een van die lede,  Shane-Marie Van Heerden het die volgende gesê: ‘Ek is nie veel van n kenner nie maar my gut feeling sê sodra daai die koue en die vogtigheid by mekaar kom het ons baie baie reën en soos ek lees reën dit reeds aan die kus in die ooste. En daar is besig om sterker sikloon agte patrone oor Mosambiek te form. Dit laat my dink aan 2000 se vloede.

Weet iemand dalk wat die vreemde koue in ons midde veroorsaak?

Lewer gerus kommentaar onder die artikel as  jy ‘n weerkenner aldan nie,  is.

 

Lees ook:

KNP verander in sopnat paradys

GALLERY: KNP kry welkome water | Letaba Herald

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button