Local newsNewsSchools

Skooltassies word ook in Tzaneen uitgedeel

Solidariteit Helpende Hand se takke is reeds sedert die begin van die nuwe skooljaar druk besig om meer as 4 600 skooltassies uit te deel aan behoeftige gr1's in 158 skole landwyd. En Tzaneen se tak staan nie terug nie.

Laerskool Tzaneen, Laerskool, Dr Annecke in Letsitele en Laerskool Duiwelskloof het ook gebaat by die projek.

Die 60 tassies is uitgedeel aan behoeftige graadeens deur die Letsitele en Tzaneen-takke by Helpende Hand.

Die takke word bestuur deur Riekie Smit in Tzaneen en Hannes Wolvaardt in Letsitele.

Hierdie twee takke is baie betrokke by skole in die provinsie en wil verseker dat behoeftige graadeens hulle skoolloopbaan op gelyke voet met hulle klasmaats begin.

Hennie Greyling,die skoolhoof by Laerskool Duiwelskloof, het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die plaaslike tak.

“Baie dankie vir die tassies wat jul aan ons skool geskenk het. Ons kinders het dit so nodig en ons waardeer dit opreg,” sê Greyling. “Baie dankie dat julle jul harte vir ons oopgemaak het.”

“Ons kom elke jaar agter dat daar groter nood is,” verduidelik Marianthie van der Walt, streek verteenwoordiger van Helpende Hand.

“Elke kind wat ons kan help, is ’n belegging in die toekoms van die kind. Ons weet die tassies maak ’n verskil in hulle lewens, want ons sien die vreugde op hulle gesiggies as hulle hul eie tassie kry,” vertel Marianthie.

Helpende Hand se Skooltassieprojek is sedert 2007 een van die organisasie se vernaamste projekte.

Deur die projek is meer as 30 000 skooltasse vol skryfbehoeftes uitgedeel.

Vir meer inligting oor hoe om by die Skooltassieprojek betrokke te raak, skakel Riekie Smit op 082 929 8791.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button