Sugarhill bederf op Pannekoekdag
'n Soet-lip-af-lek-lekker pannekoek vulsel resep wen 30 tuisgebakte pannekoeke.
Pannekoekdag is Dinsdag 28 Februarie gevier met die reuk van kaneel in die lug, en 30 vars gebakte pannekoeke uit die kombuis van Sugarhill.
En ook vir goeie rede. Tanja Espach was die wenner van Letaba Herald/Sugarhill OK Minimarket se pannekoek vulsel kompetisie.
Facebook vriende van die Letaba Herald moes bloot ‘n resep deel wat inoverend is en wat die beoordelaar, Hannlie van Niekerk van Sugarhill se oog, hart (en smaak) se hart steel.

Espach se dekadente vulsel resep is: 2-3 Malva lekkers op die pannekoek, rasper ‘flake’ sjokolade oor en rol op. Plaas in die mikrogolf vir 2-3 minute.
Lekker!
Van Niekerk se geheim vir ‘n suksesvolle pannekoek is eenvoudig.
‘Dit hang van die bakker af,’ het sy tong in die kies aan Letaba Herald gesê.
Maar op ‘n meer ernstige nood het sy bygevoeg dat ‘n pannekoek bloot nie taai moet wees nie en lekker bros moet wees.
Baie geluk aan die wenner.
Letaba Herald bedank Sugarhill OK Minimarket vir die borg van die 30 vars pannekoeke.
Lees ook:
Bak Tannie Poppie se koek jou ‘Paw-Paw’, en wen groot
Bak Kersfeeskoek saam klein Elsje



