Al die Vossie spanne behalwe die O/14B’s, het gewen.
Die eerstespan het vroeg in die eerste helfte die voortou in hulle wedstryd geneem deur ‘n drie te druk.
Wonderboom het egter onmiddellik terug geslaan met ‘n drie van hulle eie.
Die telling het deurgaans wipplank gery, maar laat in die tweedehelfde het Shima Mphahlele‘n skitterende individuele drie uit niks gemaak wat die oorwinning buite die bereik van die besoekers geplaas het.
Wonderboom het wel daarin geslaag om in die laaste beweging van die wedstryd ‘n drie te druk wat die telling na 26-19 geneem het.
Die Vossies het altesame vier drieë gedruk. Die drieë is deur Jason Mulder, Shima Mphahlele, Ofentse Maubane en Bernard Vermaak gedruk.
Erik Meintjies het drie doelskoppe deur die pale gejaag.
Die res van die uitslae was soos volg:
O/14A: wen 29-0, O/14B: verloor 22-19, O/15A wen 64-0, O/15B wen 12-0, O/16A wen 58-7, O/16B wen 32-17, 3de span wen 33-10 en 2de span wen 22-0.



