NewsSchools

Larries neem deel aan Super 12 redenaars

Die jaarlikse Super 12 redenaars kompetisie het 3 en 4 Maart by Laerskool Hennopspark in Centurion plaasgevind.

Twaalf laerskole, waarvan Laerskool Tzaneen deel is, neem deel in die span en individuele kompetisie afdelings.

Waldo de Kock het ook individueel deelgeneem aan die Super 12 redenaars en het die finaal gehaal.

In die individuele afdeling het Sumari Vorster ‘n algehele vyfdeplek behaal.

Carl Dohse neem deel in die redenaarspan tydens die Super 12 kompetisie.

Johan van den Heever en Waldo de Kock het deurgedring na die finaal.

Wessel de Kock neem deel in die redenaarspan tydens die Super 12 kompetisie.

Die spanredenaars het ongelukkig nie die finaal gehaal nie, maar het nogtans die gehoor vermaak met ‘n baie relevante praatjie: “’n Pot vol leuens aan die einde van die Reënboognasie.”

Johan van den Heever het individueel deelgeneem en haal die finaal. Hy is ook gekies vir die span.

Anrich van Wyngaardt, Karla Maree en Tessa van Heyningen het ook aan die kompetisie deelgeneem.

Maynard Kleynhans neem deel in die redenaarspan tydens die Super 12 kompetisie.

Nou lê die volgende ronde van die ATKV en Radikale Redenaars kompetisies voor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button