TZANEEN: Diek is Sakepersoon van die Jaar
Diek Coetzee van Destrimix Noordchem op Letsitele is pas aangewys as die Tzaneense Sakekamer Sakepersoon van die Jaar.
Diek het die toekenning tydens ‘n prestige middagete by Hotel@Tzaneen ontvang. Hy is verlede jaar ook aangewys as BASF se Agent van die Jaar vir Limpopo en landswyd.
Tydens dieselfde funksie is Lombards Uitrusters aangewys as die vriendelikste besigheid en Dawie Schoeman van Lombards vereer vir uitstekende diens. Luca Tooley van Zwakala Breweries Craft Beer is bekroon as Opkomende Sakepersoon van die Jaar terwyl Magnus Steyn van Laeveld Boerdery Trust (Merensky) aangewys is as die Bestuurder van die Jaar.
Eileen Elbrecht is aangewys as Sekretaresse /Ontvangsdame van die Jaar terwyl die SAPS se vuurwapenlisensie kantoor aangwys is Openbare Amptenare van die Jaar.
Meriete sertifikate vir uitstaande diens aan die gemeenskap is ook oorhandig aan Uwe Kroh van die GPF en Estia Warmenhoven van die Departement Onderwys.
Hoërskool Merensky was die hoofborg vir die geleentheid terwyl Blue Dot sertifikate en ander drukwerk geborg het. Hotel@Tzaneen het ‘n heerlike maaltyd voorgesit terwyl die groot getal gaste komplimentêre bier van Abinbev (SA Brouerye) kon geniet.



