Local newsNews

HULDEBLYK: Desrae verloor stryd teen kanker

Geliefde inwoner, Desrae Cock het haar stryd gister teen kanker verloor.

Die volgende huldeblyk is saamgestel deur Hettie Peacock:

Toe Letaba Herald vra vir ‘n huldeblyk oor Des, toe vra ons onsself af, wat is die ware betekenis van huldeblyk?

Die woorde ‘mark of respect’ het nogal raakgevat hoe mens voel.

Desrae Cock of Des of Mammie soos meeste mense haar ken, was die mees alom bekende en geliefste persoon  in Tzaneen en is op 11 April 2017 deur genade weggeneem na n beter plek toe.

Die meerderheid mense sal haar en haar man Rob onthou van die Aqua Superette dae af, ander sal haar onthou van Standard Bank, African Jacana tot sy weg geneem is en self Ben Voster se snoepie.

Sy was n ongelooflike sterk vrou wat met passie gelewe het. Lewens is deur haar verander. Sy lag altyd en is altyd reg vir ‘n gesellige samesyn. Sy het net die manier gehad om ‘n storie te vertel wat jou laat skater van die lag! Dit is hoe ons jou gaan onthou Des.

Haar kinders was haar trots, Craig en Simon en sy het elke oomblik uitgesien om tyd met hulle te geniet. Wanneer sy hoor hulle kom kuier was sy op haar gelukkigste!

Des was baie lief vir tuinmaak en blomme! ‘n Mooi orgideë het altyd n sagte plekkie gehad in haar hart!

Sy was een van die mooiste en skaarste blomme wat mens kon kry en elkeen wat haar geken het, was bevoorreg en geseënd.

Desrae, Des, Mammie, you made your mark, a mark of respect and will always be missed and loved. And always remembered.

Hettie Peacock

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button