Editor's choiceNewsSchools

Hoërskool Ben Vorster wen die Puk-reeks

Die Hoërskool Ben Vorster se wintersportspanne is die algehele wenners van die PUK-reeks teen Hoërskool Wonderboom, Hoërskool Centurion, Hoërskool Oos Moot en Hoërskool Frikkie Meyer.

Die Vossies het op 22 April die laaste van hulle wedstryde teen Hoërskool Centurion, te Centurion, gespeel.

Die rugbyspanne se uitslae was soos volg: O/14A verloor 8-12, O/14B wen 19-17, O/15A wen 46-7, O/16A verloor 32-29, 0/16B verloor 10-12, die derdespan wen 15-9, die tweedespan wen 17-3 en die eestespan verloor 22-27.

Die Vossies se hokkie meisies spanne het vyf van hulle sewe wedstryde gewen en een gelykop gespeel. Die tellings was soos volg: O/14A (1-0), O15A (4-0), O15B (2-0), O/16A (1-0) en eerstespan (1-0). Die O/16B speel gelykop met 1 elk en die tweedespan verloor ongelukkig (0-3).

Danie Heckroodt van die tweedespan in aksie teen Centurion. Die tweedespan het die wedstryd 17-3 gewen.

Die Vossies se meisies spanne het in totaal 10 doele teenoor Centurion se 4 aangeteken.

Die O/14A, die O/15A en B meisieshokkie-spanne is die Puk-reeks wenners.

Die O/16A seunsspan het hulle wedstryd 0-3 verloor en die eerstespan het 1-2 verloor.

Die Vossies het die Puk-reeks se netbal oortuigend met 45 punte gewen.

Die O/14A’s, O/16A’s en NTT Toyota se O/19-span het algeheel eerste geëindig en die O/15A’s en O/17A’s het algeheel tweede geëindig.

Frans Pohl van die Vossies se eerste rugbyspan vat Centurion se vlank grond toe.

Die tellings vir die laaste wedstryde teen Centurion was soos volg: Die O/14A’s, wat geen wedstryde tydens die reeks verloor nie, het Centurion 17-15 gewen. Die O/14B span het 7-10 verloor.

Die O/15A’s het hulle enigste nederlaag van die reeks gely deur 13-16 te verloor. Die O/15B’s het 11-12 verloor.

016A’s sluit ook hulle Puk-reeks onoorwonne af met ‘n 23-19 oorwinning. Die O/16B’s verloor 13-17.

Die O/17A’s het hulle wedstryd 21-15 gewen en die O/17B’s het 6-7 verloor.

NTT Toyota se O/19-span het ‘n titaniese wedstryd gehad. Die telling was gelykop tot en met die laaste kwart. Beide spanne het seker gemaak dat hulle verdedigers se onderskeppings in doele omskep word. Nandipha Rikhotso het met onderskeppings op kritieke oomblikke in die laaste kwart die Vossies laat asemhaal en Kagiso Mapiti het heel kalm die doele gesink.

Hulle wen 28-24.

Die NTT Toyota-span gaan in die eerskomende langnaweek aan die Wildeklawer toernooi deelneem.

Die top twaalf O/19-spanne van die land gaan in hierdie toernooi kragte meet.

Die Vossies speel in hulle poelwedstryde teen die spanne van Afrikaans Meisies Pretoria, HS Waterkloof en Paarl Gimnasium.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button