Editor's choiceLocal newsNews

TZANEEN: Vrou gevind na ure se soektog in Wolkberge

Vrou na veiligheid gebring na sy as vermis aangemeld is in die Wolkberge.

‘n Vrou wat in die Wolkberge glo gegly het en daarna as vermis aangemeld is veilig.

Volgens inligting het die vrou gaan stap om besembosse te kap.

Sy het glo gegly en ‘n krans sowat 80 meter ver afgeval.

Die brandweer en polisie het met die soektog begin nadat hulle ingelig is.

Die reddingsspan wat gehelp het in die soektog na die vermiste vrou. Foto: Verskaf

18 Eskader van die Hoedspruit Lugmag en soek-en-reddingseenhede het om omstreeks 15:00 kragte saamgesnoer en met haar soektog begin, volgens inligting.

Die vermiste vrou wat gevind is word gestabilliseer, voor sy na die hospitaal geneem word. Foto: Verskaf

Die vrou is laat Dinsdagaand, 16 MeiĀ  opgespoor, gestabilliseer en na die Van Velden Hospitaal geneem waar sy tans aansterk.

Sy het glo ernstige kopbeserings opgedoen.

Die vrou is glo van die Maake omgewing afkomstig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button