Local newsNews

Die lyne is oop en dit is nou of nooit…stem, stem, stem en maak Tzaneen ‘n wenner

VIDEO: Die gewag is verby en die stemlyne is amptelik oop. Stem nou en maak Tzaneen 'n wenner!!

Tzaneen, Limpopo se finalis as dorp van die jaar kan as KYKNet en Kwela se dorp van die jaar aangewys word.

En die SMS kompetsie begin nou in alle erns.

Binne slegs ‘n paar dae moet Tzaneen se inwoners sms soos wat hulle nog nooit gesms het nie.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is volgende Dinsdag op 30 Mei.

Ander dorpe waarteen Tzaneen te staan kom is Vanderbijlpark, Nelspruit, Hoopstad, Barkly-Oos, Mosselbaai, Margate, VanZylsrus en Gobabis.

Die kompetisie word jaarliks deur die gewilde Kwêla op KykNet aangebied.

Lees: Jou SMS kan Tzaneen laat wen

Genestel tussen die mooiste, blouste berge, is net ons natuurskoon ons grootste skat. Tel daarby al ons ander besienswaardighede, pragtige woonbuurte, voldoende besigheidsentrums en restaurante asook koffiewinkels met watertand geregte en ons kan beslis as ‘n nasionale wenner uit tree.

Die tyd is egter bitter min aangesien stemme reeds Dinsdag 30 Mei sluit.

Daarom het ons die gemeenskap se samewerking bitter nodig. Stem vir jou dorp en sorg daardeur dat ons ‘n wenner word! Sms Tzaneen na 33157. ‘n Sms kos R1.50.

Bemarkingswaarde van R1miljoen rand sowel as advertensietyd van 30 sekondes oor die dorp asook ‘n groot makietie kom ons kant toe as ons as die nasionale dorp van die jaar aangewys word.

Waarvoor wag jy? Begin sms. Vertel jou vriende, vertel jou familie…en stem!

Boonop kan jy ook R10 000 losslaan. Al wat jou te doen staan is om in te skryf vir die Afrikaans.com kompetisie.

Hoe lyk Afrikaans in jou dorp? Skryf en wen groot!

Besoek gerus afrikaans.com se webtuiste vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button