Dr Hans Merensky se Steinway herleef
Die gesegde weerklink dikwels: ‘n Plasie gaan lê nooit. Net so geld dit ook vir die geliefde Steinway and Sons vleuelklavier in die Merensky-skoolsaal. Daar moes ‘n besluit geneem word rondom sy aftrede. Dalk ‘n ewige rusplek in die pragtige Merensky-museum? Die bekende klavierstemmer en restourasiekundige, Werner Stolze het egter alles in sy vermoë gedoen …
Die gesegde weerklink dikwels: ‘n Plasie gaan lê nooit.
Net so geld dit ook vir die geliefde Steinway and Sons vleuelklavier in die Merensky-skoolsaal. Daar moes ‘n besluit geneem word rondom sy aftrede. Dalk ‘n ewige rusplek in die pragtige Merensky-museum?
Die bekende klavierstemmer en restourasiekundige, Werner Stolze het egter alles in sy vermoë gedoen om die besluitnemers te oortuig dat daar nog jare se musiek in die klavier lê, en dat aftrede nie ‘n opsie is nie.
Na 8 maande se intense restourasie is die herstelde klavier op 31 Mei terugverwelkom. Hierdie instrument lê elke Plasie na aan die hart, aangesien dit een van die artikels is wat destyds aangekoop is met Dr Hans Merensky se donasie van £2000 nadat die skool na hom vernoem is. Die verhoog is selfs spesiaal aangepas sodat die vleuel nou ‘n permanente ereplek kan inneem.



