PHS was eerste oor die doellyn, maar kort voor lank het die Vossies se binnesenter, Heini Ferreira, gesorg vir die tuisspan se eerste drie.

Erik Meintjies, in die nommer 10-trui, het gesorg vir ‘n opwindende drie deur ‘n skop van PHS, op die halflyn, afteneem. Met agt minute oor van die laaste helfde het Ben Vorster se pak voorspelers,vanaf ‘n lynstaan, die bal oor hulle doellyn gedryf vir Nyiko Ntempo om ‘n drie te druk. Dit was ‘n behoorlike span poging.
PHS het egter teruggeveg deur ‘n drie, ‘n minuut voor die halftyd fluitjie, te druk.

Die halftyd telling was 15-12.
Die stryd het aanvanklik kop-aan-kop in die tweede helfde gebly met twee drieë vir elke span.
Ben Vorster het albei hulle doelskoppe oorgesit en PHS een.
Met die telling op 29-24, in die guns van die Vossies, het die Vossies egter in ‘n hoër rat oor gegaan en nog twee drieë gedruk.
PHS het daarin geslaag om nog ‘n drie voor die eind fluitjie te druk, maar dit was te min te laat en die Vossies het die FNB Classic Clashes 41-29 gewen.

Die Vossies se drie-drukkers in die tweede helfde was Melvin Maake, wat twee drieë gedruk het en Shima Molepe. Melvin Maake het die speler-van-die-wedstryd-toekening ontvang.
Die res van Ben Vorster se rugbyspanne het soos volg presteer: O/14A verloor 21-29, O/14B verloor 0-36, O/15A wen 45-0, O/15B wen 31-15, O/16A verloor 10-29, die derdespan wen 27-24 en die tweedespan wen 24-14.



