Local newsNews

VIDEO: En so word water weer gemors na ‘n ‘per-ongeluk’ in Douglasstraat

Konstruksiewerkers wat besig is om netwerkkabels te lê, het vanoggend om omstreeks 11:00 weer 'n waterpyp raakgekap, die keer in Douglasstraat

‘n Inwoner het die video ingestuur.

Volgens haar het die water vir ongeveer 20 minute soos ‘n fontein  gespuit vanoggend.

Verlede week is ‘n waterpyp ook in Adshadestraat raakgekap oorkant Sugarhill.

Volgens die inwoner, is huise in die omgewing nou reeds vir 5 ure sonder water.

‘Ons het darem ‘n planB sedert daar beurt water toegepas was. Ons kan net glad nie die toilette spoel nie. Ons hou nou maar emmers vol water vir noodgevalle,’ het sy tong in die kies gesê.

Dis egter nie ‘n grap nie. Die vaardigheid van die werkers word nou erg bevraagteken. En Tzaneen kan nie bekostig om kosbare water so nalatig te verloor nie.

Kyk die video:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button