CrimeEditor's choiceNews

Koos Hermann bedank almal na Magoebaskloof plaasaanval

Verlede week se plaasaanval slagoffer, Koos Hermann van Magoebaskloof wil graag almal bedank wat gehelp het na die aanval.

Hy het ń beweging in die huis gehoor en na inspeksie een van drie rowers gewaar.

Hermann vertel hoe ‘n ander verdagte hom begin dreig het met ‘n handwapen en verskeie kere deur die gesig geslaan het.

Na ‘n geskarrel in ‘n slaapkamer het die drie mans Hermann vasgebind.

Hy het los gekom en om hulp geroep na die huis stil geraak het.

“Wat seker vyf minute was het soos ‘n halfuur gevoel,” vertel hy.

Verskeie items is gesteel.

Al die nodige nooddienste is ontbied en etlike minute later het hulle by sy huis opgedaag.

“Daar was verskriklik baie mense betrokke en ek sal graag vir ieder en elk wil bedank,” sê Hermann.

‘n Spesiale dank gaan aan SAPS Tzaneen en Haenertsburg, Letaba Alarms, sy buurman, Johnny en Adi Rech, Riem en Rian Genis, ER24, Mariette van der Westhuizen en die plaaswag vir hulle reëlings en opofferings en MediClinic se personeel in besonder Zane Fanie en Judy Kroh.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button