NewsSchools

Watertand restaurantaande by Ben Vorster se Cucina Montina

Die gasvryheidstudie-leerders van die Hoërskool Ben Vorster se gewilde restaurant-aande by die skool se restaurant, Cucina Montina, het op ‘n geurige noot afgeskop.

Die Graad 12-klas het die eerste restaurant-aand van die jaar op 27 Julie as deel van hulle departementele praktiese eindeksamen kook evaluering aangebied.

Hulle het ‘n keurige 5-gang maaltyd aan die uitgesoekte gaste bedien.

Die aand is afgeskop met die bediening van ’n verwelkomingsdrankie (“mocktail”) en hors d’oeuvres en nadat die gaste gaan aansit het is die eerste gereg, ‘n tamatieroomsop bedien.

Lees ook:  Vossies gasheer vir liga skyfskiet kompetisie

Na die sop is ‘n heerlike kaas-en-uie samoesa voorgesit, gevolg deur ’n Clementinenaartjie sorbet om die palette verfris.

Die hoofgereg was ‘n ongelooflike sagte OzzuBucu op ‘n bed van kapok patats en groenbone en die feesmaal is afgesluit met ’n tradisionele malvapoeding,wat watertand lekker was.

Die restaurant is stylvol versier en die leerders het gaste met grasie en styl bedien.

Lees ook: Nuwe Vossies vier hulle inlywing

Daar word alreeds druk beplan aan res van die jaar se funksies wat deur die Graad 10- en Graad 11-leerders aangebied gaan word.

Kaartjies vir 3-gang of 4-gang etes kan by die hoërskool se gasvryheidstudies-leerders gekoop word.

Lees ook: Vossies se top akademiese presteerders

Die disse wat vi rhierdie restaurantaande voorberei word, is altyd uit die boonste rakke en word pragtig voorgesit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button