Die SAOU (Suid Afrikaanse Onderwysers unie) in Limpopo, se werksaamhede het opnuut onder die soeklig geval tydens dié organisasie se kwartaallikse PUR (Provinsiale Uitvoerende Raad) vergadering, wat op Woensdag, 11 Oktober 2017 te Polokwane gehou is.
Die PUR bestaan uit verkose en benoemde Onderwyskundiges (hoofsaaklik skoolhoofde) uit die vyf Onderwysdistrikte in Limpopo.

Die voorsitter is Albert Swaters (Skoolhoof, Hoërskool Ben Viljoen, Groblersdal) en die ondervoorsitter is Magnus Steyn (Skoolhoof, Hoërskool Merensky, Tzaneen).
Die Uitvoerendebeampte van die SAOU Limpopo is Wilma Henn, terwyl Susan Lourens as vakbond verteenwoordiger optree.
Dis algemene kennis dat Onderwys meer as ooit baie uitdagings moet trotseer. Die meerderheid uitdagings is finansieel van aard.

Kommunikasie met die Onderwys owerhede is dikwels uitersonerlik bevredigend en tydsaam.
Ten spyte daarvan dat die SAOU as vakbond alles in die strydwerp om sy lede se belange te dien en te bevorder, is regsingryping dikwels die enigste manier waarop sake opgelos kan word.
In die afgelope tyd is die volgende aangeleenthede deur hofuitsprake besleg of gedeeltelik besleg: agterstallige koshuistoelaes van diensdoenende personeel; die vergoeding van aflospersoneel in die plek van permanente onderwysers wie geregtig is op swangerskapvoordele; die ophef van die moratorium op die her-aanstelling van onderwysers wat voorheen diens verlaat het; die vergunning verleen aan aftredende onderwysers (met eerste aanstellings sedert 1988) om hulle onderrig jaar te voltooi in Desember van die jaar waarin hulle 65 jaar oud word.
Die salaris skaal waarop ‘n onderwyser aangestel word, is dikwels foutief.

Hier gryp die SAOU op versoek in omseker te maak dat vorige Onderwys-aanstellings, plaaslik of elders, erken word en dat regmatige vergoeding plaasvind. Die sogenaamde IQMS-stelsel, daar volgens onderwysers jaarliks geassesseer en met 1% verhoging beloon word, is ook ‘n tameletjie.
Uitbetalings sloer dikwels onverklaarbaar en dis danksy die SAOU se volgehoue bemoeienis dat lede en nie-lede uiteindelik die vrugte op hulle toegewydheid pluk.
Kurrikulumsake waaroor die SAOU deurlopend onderhandel is gunstiger Posvoorsieningskale, die uitreiking van leermateriaal en skryfbehoeftes deur die Departement; die standaardisering van vraestelle met die oog op die Junie- eindeksamen, asook die aanstelling van genoegsame Afrikaanse onderwysers om Afrikaanse kandidate se antwoordstelle tydens die nasionale Senior Sertifikaat eksamen te merk.
Die SAOU bied jaarliks etlike Opleidings- en Bemagtigings geleenthede aan in Limpopo en regoor die land. Reeds in Januarie 2018 word opleiding beplan vir nuut aangestelde en assistent onderwysers. In Junie 2018 sal die baie gewilde Bestuursbemagtigings geleentheid weer plaasvind te Klein –Kariba. E-leer is ook hoog op die prioriteitslys met etlike werkswinkels wat beplan word vir privaatskole in Limpopo.
Bogemelde is maar ‘n paar van die SAOU Limpopo se hordes werksaamhede.
Wees verseker dat hierdie Onderwys vakbond nie skroom om kaalvuis in te klim om hulle lede te beskerm nie.
Indien u as onderwyser of administratiewepersoneel lid nog nie lid van hierdie dinamiese vakbond nie, word u uitgenooi om asseblief onverwyld u SAOU skoolverteenwoordiger te kontak of direk in verbinding te tree met Susan Lourens (SAOU Limpopo vakbondverteenwoordiger) by selnommer 083 301 4349 of Wilma Henn (SAOU Provinsiale Sekretaris vir Limpopo) by 083 407 5529.
U steun is die sleutel tot onsvolgehoueslaankrag as Onderwysvakbond!



