NewsSchools

Plasies laat die speke sing

Ses Plasie-fietsryers het Hoërskool Merensky verteenwoordig by die Spur Skole XCO te Hoërskool Bekker in Magaliesberg op 15 Oktober.

84 Skoolspanne van regoor Suid-Afrika en sover as Zambië, Zimbabwe en Namibië het op ruwe terrein en in nat, modderige omstandighede hul tegniese vaardigheid tot die uiterste beproef.

Die Plasiespan,Amelia Middleton,Armand Cronjé,Bevan Muller,Sheldon Muller,Sancha van Niekerk en Annalene Rood behaal ‘n 55ste plek.

Vier Merensky-spanlede is opgeneem in die Limpopospan wat reeds op 8 Oktober by die nasionale skole XCO op dieselfde terrein gekompeteer het: Armand Cronjé(14de van 61ryers), Sheldon Muller (45ste van 96 ryers), Sancha van Niekerk (23ste van 35 ryers) en Amelia Middleton (13de van 35 ryers).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button