CrimeNews

TZANEEN: ‘Onstabiele’ kind steek broer

Gerugte wat die ronde doen dat 'n vrou by die Life Style Sentrum met 'n mes gesteek is, is onwaar.

Letaba Herald verneem vertroulik dat ‘n gesin hulle ‘onstabiele’ seun dorp toe gelok het, onder die voorwensel dat hulle vir hom skoene wil koop.

Hulle was glo van plan om hom by ‘n hospitaal te laat opneem.

Hy het glo egter snuf in die neus gekry, en sy broer met ‘n mes gesteek.

‘Die boetie het ‘n ligte meswond opgedoen,’ is aan  Letaba Herald vertel.

Die versteurde seun is tans opgeneem in die Van Velden Hospitaal.

Letaba Herald verneem dat die familie nie ‘n saak teen hulle seun aanhangig gemaak het nie.

Die inligting is aan Letaba Herald bevestig deur die bestuur van die sentrum.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button