Die tennis-daagwedstryde begin in Februarie waartydens spanne (seuns en meisies) saamgestel gaan word.
Liga-wedstryde van die Limpopo-Noordstreek vind op 17 Maart te Polokwane plaas.
Drie van die Vossie-tennis spelers: Christine Kruger, Nicole Fourie, Louise Snyman met Jolandi van der Merwe as reserwe is in die Limpopo O/17-span opgeneem.
Hulle neem in April aan die SA-skole kampioenskap deel wat in Pretoria aangebied gaan word.
Die eerste tennisspanne neem deel aan die jaarlikse Sun-City tennistoernooi gedurende Augustus en speel ook vriendskaplike wedstryde.
Die eerste- en tweedespanne sal, in spanverband, op Woensdae dubbels oefen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



