NewsSchools

10 uit 10 vir Merensky-opedag

Op Vrydag, 11 Mei, het Hoërskool Merensky dinge bietjie anders gedoen…

Tradisioneel word graad 7’s met ‘n “roadshow” na die jaarlikse opedag uitgenooi en met busse aangery om die hoërskool-ervaring in skooltyd te beleef. Soos verwag kan word, het die Plasies weereens die voortou geneem en ‘n opedag aangebied met ‘n verskil.

Laerskoolleerders in Merensky se voedingsgebied het ‘n persoonlike toegangskaart ontvang wat vanaf half drie by ‘n vrolike karnavaltent met aankoms geskandeer is. Ander belangstellendes kon registreer terwyl ouers getrakteer is met verversings. Die pretkarnaval het begin!

Vier besoekpunte (MDDK, koshuis, sport en Agri-Merensky) het groepe graad 7’s ‘n kykie gegee in die doen-en-late op Plasieland. Die ouers het intussen die skoolhoof, mnr. Magnus Steyn, tydens ‘n inligtingsessie in die saal ontmoet, waarna hulle ook ‘n toer deur die skool meegemaak het.

Teen skemer het man en muis die innerlike versterk: leerders het self hamburgers gebou en ma en pa kon gaan smul by Die Voerkraal.

Die fokus het verskuif na Die Byekorf waar voornemende en huidige Plasies op maat van DJ xTc die aand in gesokkie het.

‘n Fees van liggies het asems weggeslaan en gesorg vir die “Magic, Moments, Memories” waarvoor Merensky bekend is.

‘n Volgepakte Byekorf het Snotkop later luidkeels verwelkom. In kenmerkende styl het hy die gehoor in die holte van sy hand gehou. Na ‘n suksesvolle vertoning en ‘n dag van genotvolle samesyn en Plasie-hartlikheid kon Merensky tevrede terugkyk met die wete dat hiérdie jaar se mega-opedag weer ‘n tien-uit-tien verdien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button