NewsSchools

Plasie stappers durf die Ooskus aan

Dit was die laaste vereiste om hul goue Presidentstoekennings te voltooi.

Agt leerders van Hoërskool Merensky het vanaf 3 tot 20 Julie die gewilde 4 dag Strandloper-wandelpad aan die Ooskus, tussen Keimouth en Gonubie, gaan stap.

Dit was die laaste vereiste om hul goue Presidentstoekennings te voltooi.

Dit was vir die groep ‘n belewenis om die seelewe te ervaar en see-anemone, seesterre, seekatte, krewe, walvisse en dolfyne is gesien. Op die strand tussen Haga-Haga en Beacon Valley het hulle op ‘n karkas van ‘n walvis afgekom wat twee weke vantevore uitgespoel het.

Die leerders het vinnig besef dat ‘n mens nie ‘n strandwandelpad moet onderskat nie, aangesien hulle soms oor ruwe, klipagtige terrein en rotse moes stap en kennis gemaak het met ‘n paar gevaarlike kranse wat gesorg het vir benoude oomblikke.

Die laaste dag moes die groep deur verskeie riviermonde swem en tydens die Gonubierivier-oorgang hul toue en oorlewingspakke inspan. Na dié besonderde staptog moet die groep nou hul joernale voltooi en in gee om goue Presidentstoekenningsertifikate te ontvang.

Hierdie toekennings is van groot waarde vir die leerders en word ook deesdae in aanmerking geneem vir wanneer hulle aansoek doen vir universiteitstoelating.

Hoërskool Merensky is trots op hierdie groepie Plasies wat die ekstra myl stap om hulself te verreik en hul lewensvaardighede en ervarings uit te brei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button