Local newsNews

Tzaneen: Familie dringend opsoek na Stephanie

“Ons wil haar bitter baie graag kry, sy is nog bloed jonk.”

So smeek Rochelle Burger, skoonsuster van die vermiste Stephanie Burger (16).

Rochelle het aan Letaba Herald vertel dat Stephanie glo oor die naweek in Tzaneen gesien is.

Sy is oorspronklik van Krugersdorp.

Haar familie is tans in Tzaneen om te help met die soektog.

Omstandighede rondom haar verdwyning word vir eers weerhou, maar die gemeenskap se hulp in die soektog na haar sal hoog op prys gestel word.

Sy is glo ook volgens ń betroubare bron, wat met die familie geskakel het, Saterdag in Letsitele gesien.

Die voertuig waarin Stephanie vervoer word is glo ń wit Toyota Aygo met registrasie nr: BK 21 SD GP.

Enige persoon met inligting word gevra om 076 474 9994 of 061 345 9833 te skakel.

ń Saak is aanhangig gemaak by die polisie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button