NewsSchools

Plasies dink en sink allermins

Hierdie span het vinnig en kreatief gedink en al drie keer hul opponente gesink.

Die Noordstreek uitdunronde,wat Noordwes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu Natal insluit, vir die jaarlikse Dink of Sink debat het op Vrydag, 24 Augustus, by Hoërskool Montana plaasgevind.

Hiérdie unieke debatkompetisie word onvoorbereid deur deelnemers aangepak en word in samerwerking met AfriForum, Beeld, Die Burger, Volksblad, Netwerk24 en Hoërskole DF Malan, Oranje Meisieskool en Montana aangebied.

Vier-en-sewentig spanne het deelgeneem en ‘n totaal van 270 debatte is gevoer.

Nadat die gehoor deur Dirk van der Westhuizen vermaak is, is die sprekers se dink en redeneervernuf tot die uiterste beproef en het die toeskouers op die punte van hul stoele gesit. Hoërskool Merensky het twee seniorspanne ingeskryf. Albei spanne is drie keer die kans gegun om hul kant van ‘n onderwerp te verdedig – met die hoop dat hulle vinnig genoeg dink, voordat hulle sink… Merensky1 het bestaan uit Leoné Slabbert, Bercha Venter en Meggan Cloete in graad 10.

Hulle het witwarm onderwerpe gekry en seker gemaak hul kant van die saak word duidelik gehoor. Hulle het teen Oos-Moot 1, Eldoraign 1 en Afrikaans Hoër Meisies 2 geredeneer. Merensky2 het gekook en was nie bang om hul sê te sê nie. Die span het bestaan uit Suandrie Corbett en Jamie Robertson in graad 10 en Stefan Corbett in graad 11. Hulle het teen Waterkloof, Montana 3 en Nelspruit 2 argumente getoets.

Hierdie span het vinnig en kreatief gedink en al drie keer hul opponente gesink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button