NewsSchools

Vossie 7’s swaai die septer

Die Hoërskool Ben Vorster het in Polokwane aan ‘n 7’s toernooi deelgeneem waar die O/15-span as Limpopokampioene gekroon is en die O/17-span in die 2de plek geëindig het.

Die Vossies se O/15-span het die bordjies van verlede naweek verhang. Dit was ‘n suksesvolle uittog vir die jong buffeltjies, wat hulle poelwedstryde teen Hoërskool Louis Trichardt (met 35-5) en teen Hoërskool Piet Potgieter (met 55-0), gewen het.

Die semifinaal was soos ‘n jukskeiderby tussen die Vossies en Hoërskool Merensky. Die Vossies se rugby is op ‘n gesonde plek en het vir Hoërskool Merensky met ‘n wegholtelling van 35-0 gewen. Daarna was dit tyd vir die finaal teen PHS. Die jong buffeltjeis het verlede week geleer ‘n mens wen nie totdat tyd nie verby is nie.

Die les was definitief geleer en die Vossies was met halftyd 12-0 agter.

Hier het hulle terugveg poging begin. Paballo Legodi het ‘n skitterende individuele drie gedruk – direk na halftyd. Met tyd so te sê verstreke het Tsegofatso Ramaloko gewys dat hy een beter as sy spanmaat kan doen en onder die pale gaan kuier. Die telling was op daardie stadium 14-12 in die Vossies se guns.

Die Vossies het vir twee minute in oortyd verdedig asof hulle lewens daarvan afhang.

Met tyd verstreke het die jong buffeltjies as oorwinnaars uit die stryd getree en is as Limpopo-kampioene gekroon. Die Vossies se O/17-span het die dag skitterend begin. Hulle het vir Curro Heuwelkruin 47-7 en Hoërskool Ellisras 31-5 gewen in hulle poelwedstryde. Daarna het hulle vir Hoërskool Piet Potgieter in die semifinale met 29-5 les laat opsê.

So kwalifiseer hulle vir Noordvaal se top 16-spanne. Die span het ongelukkig teen PHS in die finaal vasgeval en moes tevrede wees met ‘n 2de plek. Baie geluk aan al die spelers en afrigters – wel gedaan!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button