Local newsNews

Mooi kom uit die harte van ander in Tzaneen

Vir 'n Tzaneener, en bekende 'engel' in ons omgewing was die tyd ryp om te reageer op die behoefte om iets spesiaal vir iemand te doen en daardeur hul menswaardigheid op te hef.

Tzaneen se gemeenskap vat hande soos altyd en bring hoop en menswaardigheid daarmee saam.

Vir ‘n inwoner van Tzaneen, was die tyd ryp om te reageer op die behoefte om iets spesiaal vir iemand te doen en daardeur hul menswaardigheid op te hef.

Sy het haar sentiment met vriende en kennisse gedeel, en Ilza Roelofse van die plaaslike SAVF tak, het Annelize Lampbrecht (51) aan hulle voorgestel.

“Almal het hulle hande opgesteek en hulle dienste gratis aangebied,” het sy aan LETABA HERALD vertel.

Die week was ‘n miernes van bedrywighede, en Annelize moes byhou met die aanpas van klere, gesigsbehandeling, naelversorging, grimmering, hare doen en uiteindelik ‘n fotosessie.

Hulle wil graag die volgende persone bedank sonder wie se hulp en ondersteuning dit nie moontlik sou gewees het nie: Ilza Roelofse van die SAVF wat Annelize aan hulle voorgestel het, Elsabe Kidson vir die klere, Marina Visagie van Wyk vir die naels, Christa Koekemoer en Annelie vir die hare, Jana Pohl vir die gesigsbehandeling en grimering, Sarie Vermaak van ArborPark Lodge vir die lokaal, die bederf en die lekker eetgoed, Yolanda Firaz vir die badsakkie, Mariëtte en Willie Botha vir die fotos en Francois du Toit vir die rondry vir die week.

“Dankie vir julle kosbare tyd, dankie dat julle iemand weer mooi laat voel het. “

Jana Pohl het die doel van die initiatief mooi opgesom; “Die belangrikste hier vir my is dat haar menswaardigheid ‘n hupstoot gekry het”.

Die weldoener verkies om anoniem te bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button