Merensky Boogskietklub het onlangs aan die Wêreld Boogskietkampioenskap in Potchefstroom deelgeneem.
Dertien Plasieskuts het in hulle onderskeie klasse meegeding tydens hierdie uithalerbyeenkoms.
Gedurende die weeklange kompetisie by die Elgro River Lodge, moes die skuts op vier verskillende bane skiet.
Die uitsonderlike hitte in Potchefstroom het daartoe gelei dat Morney Kleinhans weens dehidrasie moes onttrek.
Die Plasies is egter nie deur die terugslag van stryk gebring nie en lewer ‘n allemintige twee wêreldkampioene op. Lin-Mari Theron het drie wêreldrekords verbeter, met Canell Jackson wat een wêreldrekord verbeter en een ewenaar.
Sean Hunt ewenaar ook sy klas se wêreldrekord. Behalwe vir die goue medaljes, het Sean Hunt silwer, en Ryan Jackson en Armand Wiers brons medaljes opgeraap.
In die B-klas het Ashley Hunt en Armand Wiers silwer medaljes ontvang, met Rikus Faurie en Martin Mostert brons. Gedurende die toernooi het Canell Jackson vier nasionaal kwalifiserende tellings geskiet, met Lin-Mari Theron en Sean Hunt twee elk en Armand Wiers een.
Dawie Theron het twee provinsiaal kwalifiserende tellings geskiet, terwyl Sean en Ashley Hunt, Armand Wiers, Rikus Faurie en Lin-Mari Theron ook elkeen hierdie prestasie behaal het.
Lin-Mari en Canell keer terug Tzaneen toe met nasionale kleure



