André Smit het uitgeblink in al viersy items en ‘n goue medalje ontvang vir die 75m hekkies.
Laerskool Mariepskop het hul jaarlikse Super M-byeenkoms aangebied op Saterdag.
Nege skole het aan die dag deel geneem naamlik, L/S Phalaborwa, L/S Phalaborwa-Noord, L/S Drakensig, Fauna Park Primary, Steelpoort Akademie, L/S Burgersfort, Meridian Collegeen Southern Cross.
Die Riepie atlete het uitgeblink in die nat toestande en spog met 19 goue medaljes, 16 silver en 11 brons.
Daar is ook ‘n paar rekords verbeter, waarvan vier deur Riepie atlete verbeter is.
Hul is verbeter deur Casey van Wyk vir hoogspring en verspring vir dogters onder 12, Edunette Kriel vir 70m hekkies vir doters onder 10 en Sherisma Snyman vir spiesgooi dogters onder 12.
Riepies bedank graag al die deelnemende skole vir hul positiewe gesindheid en goeie sportmansgees.
Die Riepies is vreeslik trots op hul atlete en sien uit na die volgende byeenkoms te Laerskool Drakensig.
Die Riepies se Casey van Wyk het beide die hoogspring sowel as die verspring vir dogters onder 12 se rekords laat spat.
André Smit het uitgeblink in al viersy items en ‘n goue medalje ontvang vir die 75m hekkies.
Gelukkige Michael van Eeden het ‘n silwer medalje ontvang vir die 1200m seuns onder 10.
Laerskool Mariepskop se Andrea van Vuuren het haarself in ‘n goue medalje in gehardloop tydens die 1200m item vir dogters onder 11.
Christi Cremer gebruik al haar veer- en dryf krag tydens haar verspring poging vir dogters onder 12.
Die splinternuwe Riepie, Ruben Greeff, het uitstekend in sy vier items gevaar en goue medaljes in beide 150m hekkies en spies gooi vir seuns onder 12 ontvang.
Ethan Britz dryf sterk met sy aanloop tot sy spies gooi poging. Hy het ‘n silwer medalje ontvang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!