NewsSchools

TZANEEN: Vossies skiet die doele in

Die Vossies het ‘n totaal van 40 doele aangeteken en net een doel afgestaan.

Die Vossies het die afgelope naweek vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Lydenburg op die Astrobaan gespeel.

Dit was ‘n baie suksesvolle dag vir die Vossies.

Die dogterspanne het ál hul wedstryde gewen!

Die Vossies het ‘n totaal van 40 doele aangeteken en net een doel afgestaan.

Die O/14A-span het ‘n briljante wedstryd gespeel.

Die meeste doele, agt van die 16, is deur Azel Vorster aangeteken.

Die O/15A-span se twee doele is deur Joalize Smit aangeteken.

In die O/16A-span was dit Helandre Venter wat vyf van die 10 doele aangeteken het.

In die 2de span het Lume Vorster twee van die vier doele aangeteken en in die 1ste span het Amberley Bergmann vier van die agt doele aangeteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button