NewsSchools

Hoogste eer vir Plasie skut

Hoërskool Merensky is geweldig trots op Canell Jackson wat onlangs die hoogste sporttoekenning wat die land bied, Proteakleure, van SASCOC (South African Sports Confederation and Olympic Committee) ontvang het.

Canell sal haar plek volstaan saam met die res van die Protea-span, waar hulle Suid-Afrika by die IFAA Plaaslike Veldboogskietkampioenskap in Zambië vanaf 29 Junie tot 2 Julie vanjaar verteenwoordig.

Verdere boogskutnuus is dat 45 skuts van verskillende provinsies op 1 en 2 Junie deelgeneem het aan die Limpopo Provinsiale Veldkampioenskap, aangebied by Hoërskool Merensky. Die 15 Plasieskuts, waarvan ses vir die eerste keer aan ‘n veldkampioenskap deelgeneem het, het hul besonder goed van hul taak gekwyt.

Sean Hunt (YAMFU), Izelri Theron (CFBU), Lin-Mari Theron (YAFBU), Armand Venter (JMFU) en Rohan Wewege (YAMBU) verdien goue medaljes. Ashley Hunt (JFFU), Canell Jackson (JFBU) en Jenique Oosthuizen (YAFBU) het silwer medaljes ontvang en Nic de Beer (JMBU), Seph Oosthuizen (AMBU) en Dian Schnettler (JMFU) brons.

Lin-Mari Theron en Canell Jackson skiet tydens die byeenkoms elk twee provinsiale kwalifiseerders. In die boogskietstryd tussen Hoërskole Merensky en Frikkie Meyer op Saterdag, 1 Junie, verwerf die Plasieskuts die goue medalje terwyl die Frikkies met silwer terugreis na Thabazimbi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button