AdvertorialNews

TZANEEN: Wen kaartjies om Laurika Rauch op die verhoog te beleef

Laurika Rauch tree Dinsdagaand op by Merensky, en nou is jou kans om kaartjies te wen.

oOptog! is die grootste enkele konserttoer deur plaaslike sangers, akteurs en musikante. Die ininisiatief poog om op innoverende wyse weer van ons land se gewildste musiek- en teaterproduksies planke toe te bring.

Een van die vertonings wat die land plat toer is die legendariese, veel-bekroonde Laurika Rauch.

Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!

Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG!   Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree.

Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.
Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind.   Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.  ”

Moenie die geleentheid mis nie!

– Datum & tyd: 15 Oktober, 19:00 vir 19:30

– Plek: Merensky Hoërskool, Tzaneen

– Prys: R 220

– Direkte skakel vir kaartjies: https://itickets.co.za/events/409741

– Facebook: https://m.facebook.com/events/377925422790564

Die volledige lys van kunstenaars en produksies, asook die dorpe en stede wat ingesluit is in die baie omvattende toerprogram is beskikbaar by www.optog.co.za.

Om kaartjies te wen na die vertoning antwoord net die volgende vraag deur op ons Facebook onder die skakel van die artikel te kommentaar met jou antwoord, naam en kontakbesonderhede.

Noem een van haar treffers?

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button