Local newsNews

Spannende rolbal uit die boonste rakke verwag dié naweek

Die Litchi-rolbaltoernooi word reeds vir die laaste agtien jaar in Tzaneen aangebied. Besoek dié heerlike sportgeleentheid Saterdag 25 Januarie en Sondag 26 Januarie by die rolbalbane in Tzaneen.

Rolbal-entoesiaste kan uitsien na ‘n naweek van kompeterende en hoogstaande rolbal.
28 spanne van so ver as Zimbabwe gaan sake uitspook in die jaarlikse Litchi-toernooi wat al sedert 2002 in die dorp aangebied word.
Wally Herfurth, president van Tzaneen Rolbalklub, sê vyf spanne van Zimbabwe, twee van Pretoria, vier van Polokwane, twee van Hoedspruit, twee van Magol asook spanne van Rustenburg, Mokopane, Bela-Bela, Middelburg en Vrede gaan mekaar die stryd aansê.
Volgens Wally word die toernooi aangebied om die dorp aan besoekers van ander klubs en provinsies bekend te stel.
Dit dien ook as ‘n geldinsamelingsgeleentheid en hoop hulle dat inwoners vanjaar as toeskouers die toernooi sal ondersteun.
Dit is een van die toonaangewendste toernooie op die kalender en word vanjaar vir die agtiende keer aangebied.
Die rolbalklub vier ook vanjaar hul 71ste bestaansjaar.
“Sonder die ondersteuning van borge en donateurs sou die toernooi nooit so suksesvol kon wees nie.
Ons bedank elkeen van hulle,” sê Wally.
Deur die jaar word ‘n paar besigheidsligas aangebied waar 28 spanne vir vyf agtereenvolgende Donderdagaande teen mekaar meeding vir pryse. Die datums sal eersdaags in Herald beskikbaar wees.
Verder word sosiale rolbal op Woensdag- en Saterdagmiddag gespeel en verskeie klubkompetisies word aangebied.
Hulle beskik ook oor twee gekwalifiseerde afrigters wat nuwe spelers behulpsaam kan wees.
Vir meer inligting, skakel Wally by 082 822 9970. Belangstellendes kan ook Carine Schadwick by 083 444 8313, Elsje Beyer by 082 944 0660 of Adriana Jacobs by 082 925 0427 skakel vir meer inligting hul bedrywighede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button