Local newsNews

Laerskool Tzaneen se leerders lees lekker in ‘lockdown’

Larries se skoolhoof het gesorg dat leerders nie net heeldag voor 'n skerm deurbring gedurende 'lockdown'.

Lees ten minste twee boeke tydens ‘lockdown’.

Dit was skoolhoof Willes Steenkamp van Laerskool Tzaneen se uitdaging aan onderwysers, leerders en hul ouers.

 

Steenkamp sê hy wou almal aanmoedig om nie heeldag voor ‘n skerm deur te bring nie. “As kinders sien hulle ouers lees, dan sal hulle ook begin lees,” sê Steenkamp.

Hy sê hyself draf ook deur twee boeke tydens die inperkingstyd. “As ons hierdie tyd wat deur ‘n pandemie veroorsaak is gebruik om ons kinders te laat lees kom daar iets baie goed uit die tragedie.”

Die Larrie-gemeenskap het die uitdaging omhels en begin om foto’s op die Facebook-album “Larries lees in Lockdown” te deel.  Gaan na hul Facebook-blad, Laerskool Tzaneen om meer te sien van wat hulle alles in die mou voer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button