Local newsNews

Hoop vir avokadoboere

Die Suid-Afrikaanse Avokado Groeiersvereniging (SAAGA) het verlede week hulle algemene jaarvergadering gehou en kan rapporteer dat groot vordering gemaak is in die veldtog om Suid-Afrikaanse avokado’s na China uit te voer.

Clive Garrett, voorsitter van SAAGA, vertel dat alhoewel die handelsooreenkoms nog nie onderteken is deur Suid-Afrika en China se betrokke ministers nie, daar wel vordering is in dié jare-lange proses. “Die feit dat pere en suurlemoene se handelsooreenkomste onlangs onderteken is gee vir ons hoop,” sê Garrett. “Om ‘n mark oop te maak is nie maklik nie, dit is ‘n tydsame en omvattende proses. Die tegniese aspekte is afgehandel en ons wag tans om te hoor of die Chinese tevrede is met die prokolle en of ons aanpassings moet maak.“

Daarna moet die ooreenkoms onderteken word. Ons is optimisties dat dit binne ‘n jaar of twee afgehandel sal wees,” verduidelik hy. Garrett vertel dat daar nog baie werk is om te doen en dat daar logistieke uitdagings is met die koueketting, maar dat dit ook met tyd sal ontwikkel. “Tans is die per kapita gebruik van avokado’s in China 0.1kg, as mens dit vergelyk met die 2.4kg per kapita gebruik in die VSA en 1kg per kapita verbuik in Suid-Afrika, is dit duidelik dat die Chinese mark nog nie ‘n smaak vir avokado’s het nie.

Clive Garrett.

lees ook: ZZ2 builds large avocado pack house for the future

Ons hoop wel om dié smaak te kultiveer by die Chinese verbruiker,” verduidelik hy.“Ons het goeie seisoenvooruitsigte. Die plaaslike avokadoboere het wel baie haelskade gehad wat produksie beïnvloed. “Dit gee ons ook hoop dat die vroeë avokadomark sterk bly en ons goeie pryse kan verwag op die Europese markte,” sê Garrett. Luidens Garrett is die avokado-oes in Peru die jaar sowat 10-15% groter as verlede jaar so dit bly van kardinale belang om dié vrugte op die mark te kry voor die Peruviese avokado’s in Junie gereed is.

“Oesskattings en beramings is altyd ‘n uitdaging, maar ons verwag dat daar vanjaar sowat 15.5miljoen bokse uitgevoer kan word, met nuwe aanplantings van bome kan ons, indien alles goed gaan en die weer saamspeel, verwag dat dit volgende jaar na 20 miljoen bokse kan styg,” sluit hy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button