Local newsNews

Mark na die Ooste oop vir suurlemoene

Die sitrusbedryf het die afgelope week 'n belangrike mylpaal gevier toe een van die eerste versendings suurlemoene die hawe verlaat het vir China onder 'n hersiende suurlemoenprotokol.

Die Sitrus Groeiersvereniging van Suider-Afrika (SGV) se hoofuitvoerende beampte, Justin Chadwick, het in sy nuutste nuusbrief gesê dat dit ses jaar geneem het om die handelsooreenkoms te finaliseer. Die minister van landbou, grondsake en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza het saam met die SGV en ander rolspelers dié geleentheid in Durban gevier by die Maydon Wharf-vrugteterminaal in Durban. “Suurlemoenuitvoere na China is ‘n belowende begin vir die 2022-sitrusuitvoerseisoen waarin ons verwag om weer ‘n groot volume vrugte te versend na sleutelmarkte regoor die wêreld,” lui Chadwick se nuusbrief.

Barend Vorster, uitvoerende direkteur van die Mahela-groep vertel dat alhoewel hulle uitdagings ervaar het met uitvoere verlede jaar, hulle vanjaar beter voorbereid is. “Ons het ‘n plan B en ‘n plan C gereed,” sê hy. Dit blyk dat die eksponensiële toename in insetkostes oor die afgelope jaar ‘n kwelpunt bly vir die SGV en dat dit ‘n demper op sitrusprodusente se opbrengste plaas na ‘n uitdagende 2021-uitvoerseisoen. Volgens Chadwick is dié verdubbeling in die kostes van onder andere kunsmis en agrochemikalieë asook die stygende brandstofpryse, ‘n bron van kommer.

lees ook: South African citrus industry optimistic about its future

Die hewige toenname in vragkostes oor die afgelope jaar vererger ook die situasie. Luidens Chadwick het die gemiddelde koste vir vragte met 30-40% gestyg in 2021 en kan die kostes verder styg in 2022. “Indien die 2022 minimum-pryse vir vrugte, wat tans onderhandel word, nie hierdie stygende kostes dek nie, word die toekomstige winsgewindheid en volhoubaarheid van plaaslike produsente, en 120 000 landelike werksgeleenthede wat die industrie skep, bedreig,” het Chadwick gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button