Advertorial

Nuwe baadjie vir Peacemed apteek

Die apteek by Peacemed-mediesesentrum op Tzaneen sal van 2 November as Pharmacy at SPAR Peacemed handel dryf.

Eienaar, André Venter, wil graag hulle getroue klante gerus stel en beklemtoon dat die apteek nie gaan toemaak of skuif nie. “Ons bly onafhanklik en ek bly verantwoordelik vir aankope en vir die pryse van ons voorraad asook al die spesiale aanbiedings. Ek sal altyd die beste moontlike pryse deurgee,” sê Venter.

Die rede vir die handelsnaamverandering is weens die opening van ‘n addisionele apteek wat by ‘n nuwe ontwikkeling in Aqua Park in samewerking met SPAR in die eerste kwartaal van 2024 geopen gaan word. Venter nooi ook graag die publiek om op 2 November saam met vervaardigers en uitstallers die nuwe naam te vier by hul perseel, 1 Messerstraat.

“Ons gewaardeerde klante is welkom om saam met ons die dag te spandeer en te kom kyk. Ons gaan ‘n verteenwoordiger van National Performace Labs (NPL), ‘n sportaanvullingsmaatskappy teenwoordig hê wat sal raad gee aan diegene wat wil presteer op die sportveld of in die gimnasium. Die span van NPL sal onder andere raad gee oor liggaamsbou, gewigsverlies en uithouvermoë en sal ook gratis toetsprodukte byderhand hê.”

Pharmacy at SPAR Peacemed sal ook vir die hele maand Swart November-promosies met spesiale aanbiedings en uitstekende pryse aanbied in stede van ‘n enkele Swart Vrydag-promosie. “Ons is ook een van die handelaars op Tzaneen wat die Pienk Graaf-projek help dryf en enigeen kan hier by ons die liefdadigheidsfondsinsameling ondersteun en ‘n pienk graaf aankoop,” sê Venter. Vir meer besonderhede, skakel 015 004 0683 of besoek die apteek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button