Local news

Hannes vereer as Agri SA se Jongboer van die jaar

Hannes Wolvaardt, ‘n boer van die Letsitele-vallei is Donderdagaand by die Radisson Hotel in Gauteng aangewys as die Toyota SA/ Agri SA Jongboer van die Jaar.

Wolvaardt is in 2018 as Agri Limpopo se Jongboer van die Jaar aangewys en is in Augustus vanjaar weer vereer met die toekenning na Agri Letaba besluit het om hom weer te benoem.
Alhoewel dit ongewoon is om die provinsiale kompetisie twee maal te wen, is dit nie die eerste keer wat ‘n jongboer twee maal die toekenning ontvang nie.

“Hannes is ‘n entoesiastiese jongboer wat lid is van Agri Letaba en ook op die bestuur dien,” sê Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba.
“Sy waardevolle deelname aan georganiseerde landbou en ook in die breër gemeenskap maak van hom ‘n waardevolle draer van dié titel,” sê hy.

Riaan en Hannes Wolvaardt in die soetrissie-nethuis by Wolvaardt Boerdery. Foto verskaf.

“Met innoverende jong leiers soos Hannes kan landbou net hoër hoogtes bereik in die toekoms,” sê Vorster.
“Hannes, en jou span by Wolvaardt Boerdery, baie geluk met hierdie uitmuntende prestasie,” sê hy.
Hannes boer sedert 2011 in die Letsitele-omgewing met soetrissies en het die familie-boerdery, Wolvaardt Boerdery, saam met sy broer, Riaan en skoonsuster, Joelene begin.

Lees ook: Hannes wins Limpopo young farmer award

Die boerdery het klein begin, met 3ha soetrissies, maar vandag, na 11 jaar in die landboubedryf is Wolvaardt Boerdery se suksesverhaal ‘n inspirasie vir kleinboere en word 30ha soetrissies onder gespesialiseerde nethuise, 26ha tamaties en 42ha sitrus, hoofsaaklik suurlemoene, deur Wolvaardt Boerdery verbou.

Sy prioriteit vir die komende seisoen is om die beste moontlike oes met die beste kwaliteit produk op die regte tyd te oes wanneer die markte die produk die meeste benodig.
“Ons het ook onlangs star ruby pomelo’s aangeplant en lewer tans rissies en tamaties aan supermarkte en die plaaslike varsproduktemark,” vertel Hannes.

Hannes Wolvaardt met sy seun, Simon.

“Ons wil op die oomblik fokus om dit wat ons reeds het, te verbeter en meer effektief te boer,” verduidelik Hannes rakende Wolvaardt Boerdery se toekomsplanne.
“In die huidige moelike ekonomiese toestande wil ons eerder meer effektief boer as om uit brei, maar ek sien ook baie uit daarna om Februarie volgende jaar ons eerste suurlemoen-oes af te haal en uit te voer,” vertel Hannes.

Hannes, en Wolvaardt Boerdery bedank graag die Constantia-boerderyvereniging, Agri Letaba en Agri Limpopo vir hulle ondersteuning en bedank ook elke werknemer van Wolvaardt Boerdery vir hulle toewyding en goeie werk.
Hy bedank ook graag al Wolvaardt Boerdery se verskaffers en kliënte wat die produkte geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button