Local newsSchools

Reinhardt lui die klok vir laaste chemosessie

Reinhardt Geldenhuis (12), 'n gr. 7-leerder by Laerskool Tzaneen wat op 9-jarige ouderdom met Leukemia gediagnoseer is, het die klok by Unitas Hospitaal gelui vroeg in Desember toe hy sy laaste chemobehandeling ontvang het.

Maandagaand het Reinhardt ook sy laaste chemopil gedrink en sy ouers het dit met ‘n glasie sjampanje saam met dr. Shani van den Heever, wat by hulle ingeloer het, gevier. “Dit is nou amptelik en uiteindelik klaar,” sê sy verligte pa, Gerhardus, wat met vreugde die goeie nuus met die gemeenskap deel.

Reinhardt lui die klok vir laaste chemosessie “Nou moet daar maandeliks, vir die volgende ses maande bloedtoetse gedoen word en daarna elke twee maande, om seker te maak dat hy kanker-vry is,” vertel sy pa, Gerhardus . Vir ma, Lizette is dit ‘n riem onder die hart hoe die gemeenskap, veral in die eerste jaar (2019) saamgespan het om hulle te ondersteun met geldinsamelingsprojekte. “Daar is te veel om te noem, mense het so baie vir ons gedoen. Die eerste jaar was hel gewees,” vertel ‘n emosionele Gerhardus.

Lees ook: Boy (9) fights leukemia

Oor die afgelope paar jaar is talle geldinsamelingprojekte deur inwoners van die omgewing en reg deur die land geloots om hom en sy familie by te staan. “Die Here se hand het ons deurgetrek,” sê Gerhardus wat ook vir Van den Heever en dr. Gary Middleton bedank vir hulle bystand. Die familie bedank elkeen wat hulle bygestaan het en die verskeie projekte ondersteun het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button