Local news

Plaaslike boere ondersoek sonenergie

Plaaslike boere begin al hoe meer om sonenergie as alternatief te ondersoek weens die ontwrigtende uitwerking van beurtkrag.

Die Herald het met twee groot kommersiële boere gesels oor die invloed en skade wat beurtkrag teweeg bring asook die pad vorentoe. Pieter Vorster van Mahela op Letsitele sê besproeiing van boorde is veral onder druk. “Sitrus is tans in ‘n kritiese stadium van vruggroei en te min water beperk groei. Met die hoë temperature wat ons tans beleef, gaan die vrugte teen oestyd kleiner wees. Dit het ‘n groot verlies aan inkomste,” sê Vorster.

Volgens Clive Garrett van ZZ2 ervaar hulle die effek van beurtkrag veral by hul pakhuise. “Dit is nie moontlik om pakhuise net op alternatiewe energie te bedryf nie en dit kom teen ‘n groot koste waaronder kapitaaluitleg en bedryfskostes vir diesel. Die addisionele kostes om ons kragopwekkers te gebruik, gaan waarskynlik uiteindelik in hoër voedselpryse eindig. Dit is nie vir produsente moontlik om al die kostes op hul eie te absorbeer nie,” sê hy.

Lees ook: Politisi packhouse is strategically important

Hy sê dat ZZ2 in beginsel besluit het om by een van hul grootste pakhuise sonkrag te installeer, waarvan die kapitale uitleg waarskynlik deur banke gefinansier sal word. “Indien die installering van die sonpanele suksesvol is, sal dit ook by van die ander groter pakhuise uitgerol word.” Garrett sê verder dat omdat landboubedrywighede dikwels op afgeleë gebiede plaasvind is die distribusienetwerk dikwels ook ‘n uitdaging en is dit een van die grootste probleme wat oorbrug moet wanneer dit by alternatiewe energiebronne kom.

“’n Mens kan nie ‘n windplaas of ‘n sonkragstelsel by elkeen van die plekke waar elektrisiteit benodig word, oprig nie. Om aan die ekonomie van skaal te voldoen, sal groot verbeterings op die distribusienetwerk verg wat teen groot kostes kom,” sê Garrett. Volgens hom is kragopwekkers by kritiese punte geïnstalleer en word dit strategies rondgeskuif na waar landbouaktiwiteite plaasvind. Vorster sê Mahela het reeds begin met die oprigting van sonstelsels en beaam dat dit teen ‘n geweldige koste kom.

Lees ook: Stakeholders discuss food security issues

Hy sê ook dat sonstelsels by pakhuise help om die kostes af te bring, maar dat dit nog nie op ‘n vlak is om ‘n pakhuis voluit te diens nie. Vorster sê ook dat dit beter is om saam met Eskom die werking van alternatiewe energie-opsies te oorweeg omdat hulle die moontlikheid bied om die elektrisiteit weer in die netwerk vir distribusie terug te voer terwyl munisipaliteite nog nie daarvoor te vinde is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button